Additionally, paste this code immediately after the opening tag:

Afrikaanse Bybel

Die Bybel is die "heilige boek" van die Christene. Die woord 'Bybel' stam van die Griekse woord βιβλια biblia ...

$ 1.29

Store review

Die Bybel is die "heilige boek" van die Christene. Die woord 'Bybel' stam van
die Griekse woord βιβλια biblia (boeke), wat 'n meervoud is van βιβλιον
biblion (wat oorspronklik papirus beteken en later gebruik is as aanduiding
van papier, geskrif, boek(rol)).

Die Bybel bevat drie verskillende versamelings boeke:

Die Ou Testament, ook die Hebreeuse Bybel genoem. Dit is geskryf gedurende die
eeue heen en dit bestaan oorspronklik vir die grootste deel in Hebreeus met
enkele Aramese paragrawe. (die Tanach is anders georden).

Die Apokriewe Boeke, boeke buiten die kanon van Nicea.

Die Nuwe Testament, geskryf gedurende die tweede helfte van die eerste eeu na
Christus, in moderne Grieks (koinè-Grieks).

In breë trekke gaan die Bybel oor hoe God as skepper met die mens in tyd en
ruimte omgegaan het, die plek van die mens in verhouding tot die skepping, die
skepper en die heelal en inbreek van ewigheid (domein van God) in die tyd
(domein van die mens).

Dit is die mees verspreide boek in die wêreld, waar daar in die laat 20ste eeu
meer as 20 000 000 kopieë[verwysing benodig] in omloop was. Dit is uniek in
baie opsigte, waarvan vertaling en skrywers net 'n paar is.

Die meervoudsvorm biblia ("boekrolle, boeke") van die Griekse woord biblion is
in die antieke tyd as die eenvoudsvorm van 'n Latynse vroulike term een ook as
'n sinoniem van die Griekse term hagia graphae ("Heilige Skrif")
geïnterpreteer. In sowel die Joodse asook die Christelike godsdiens word
hierdie versameling van boeke as 'n openbaring van God beskou en het dus 'n
normatiewe karakter vir die godsdiensbeoefening. Die Hervormde en
Gereformeerde opinie en geloof is steeds dat die Bybel die Heilige Skrif is
wat deur die Heilige Gees inspireer is en alle kennis bevat vir die verlossing
en saligmaking van die mens. Vir die Joodse godsdiens is die Torah, en hier
veral die verbond, wat God by die berg Sinaï met Israel gesluit het, die
"woord van God". Christene beskou Jesus Christus as die sentrale figuur in die
Heilige Skrif, wat ook hulle betekenis verlig. Met die kanonisering van die
Nuwe Testament het die kerk ook besluit om die Hebreeuse Skrifte as die "woord
van God" te erken.

Die hoofartikel vir hierdie kategorie/afdeling is: Ou Testament. Genesis
Eksodus Levitikus Numeri Deuteronomium Josua Rigters Rut 1 Samuel 2 Samuel 1
Konings 2 Konings 1 Kronieke 2 Kronieke Esra Nehemia Ester Job Psalms Spreuke
van Salomo Prediker Hooglied van Salomo Jesaja Jeremia Klaagliedere van
Jeremia Esegiël Daniël Hosea Joël Amos Obadja Jona Miga Nahum Habakuk Sefanja
Haggai Sagaria Maleagi.

Apokriewe boeke "Boek van Tobit" (in die Rooms-Katolieke, Griekse en Slawiese
Bybels) "Judith" (in die Rooms-Katolieke, Griekse en Slawiese Bybels)
"Toevoegings tot die boek Ester" (in die Rooms-Katolieke, Griekse en Slawiese
Bybels) "Wysheid van Salomo" (in die Rooms-Katolieke, Griekse en Slawiese
Bybels) "Wysheid van Sirag" (in die Rooms-Katolieke, Griekse en Slawiese
Bybels) "Baruch" (in die Rooms-Katolieke, Griekse en Slawiese Bybels) "Brief
van Jeremia" (Baruch 6 in sommige Bybels) (in die Rooms-Katolieke, Griekse en
Slawiese Bybels) "Susanna" (in die Griekse en Slawiese Bybels, en Daniël 13 in
die Rooms-Katolieke Bybel) "Gebed van Asarja en die lofsang van die drie
manne" (in die Griekse en Slawiese Bybels) en tussen Daniël 3:23-24 in die
Rooms-Katolieke Bybel) "Bel en die draak" (in die Griekse en Slawiese Bybels,
en Daniël 14 in die Rooms-Katolieke Bybel) "1 Makkabeërs" (in die Rooms-
Katolieke, Griekse en Slawiese Bybels) "2 Makkabeërs" (in die Rooms-Katolieke,
Griekse en Slawiese Bybels) "1 Esdras" (in die Griekse Bybel) "Gebed van
Manasse" (in die Griekse Bybel) "Psalm 151" (in die Griekse Bybel) "3
Makkabeërs" (in die Griekse Bybel) "2 Esdras" (in die Slawiese Bybel en 'n
bylae tot die Latynse Vulgata) "4 Makkabeërs" (bylae tot die Griekse Bybel)

Last update

Sept. 24, 2013

Read more